HC220085 is aan vaderskant geteel uit ALF190140 en aan moederskant gaan hy terug na FCT110073. Hierdie is ‘n bul wat vele pluspunte het! Dit is ‘n netjiese bul wat mooi aanmekaar gesit is! Sy mooi verdonkering en besonderse kapasiteit met goed gevormde skrotum en baie mooi skede vang dadelik die oog. HC220085 se seleksiewaardes ondersteun by uitstek gebruik op verse. Hy is getoets vir die Q204X dubbelbespiering geen en is vry daarvan. HC220085 word by die dag mooier. Kyk gerus na hom! Seleksiedata gunstig vir gebruik op verse
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook