HC220115 is aan vaderskant uit ALF190140 geteel en aan moederskant uit HC080179, wat op sy beurt teruggaan na Umphukane Bonsmaras se baie bekende PHR030036. Hy is ‘n bul wat besig is om baie mooi te ontwikkel en lyk reeds heelwat anders/mooier as wat hy op die foto en video hierby lyk. Hy is mooi donker met goeie verdonkering en toplyn. Hy het ook goeie kapasiteit. HC220115 het oor die algemeen goeie Seleksiewaardes en sy waarde vir kalwingsgemak ondersteun gebruik op verse. Hy is getoets vir die Q204X geen en is vry daarvan. Seleksiedata gunstig vir kalwingsgemak
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook