HC220107 is aan vaderskant geteel uit ALF190140 en aan moederskant gaan hy terug na FCT110073. Hy het ‘n mooi sterk bek en oogbanke, goeie skofontwikkeling, verdonkering, toplyn, kapasiteit, skrotum en skede. Daar is baie pluspunte aan hom! Sy Seleksiedata is oor die algemeen goed en ondersteun dat hy op verse gebruik kan word. Let op sy besonderse Karkaswaardes. Sy lengte- hoogte verhouding is ‘n uitstekende 1.27! Hy is getoets vir Q204X en nt821 dubbelbespiering gene en is vry van beide. Kyk mooi na hierdie gladde haar bul! Terloops, die “kol” op sy regter sy is ‘n vlek of haarsverkleuring en val binne die norme vir goedkeuring. Seleksiedata gunstig vir gebruik op verse
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook