HC220093 is die eerste van ‘n aantal bulle op aanbieding wat aan vaderskant geteel is uit ALF190140 (van Johan Dormehl van Bloubuffel Landgoed, Vryburg, ‘n bul met uitsonderlik goeie kloue). Sy vaar is met DNA bevestig. Aan moederskant gaan hy terug na FCT110073, ‘n bul wat vir ons baie goed in ons kudde gedoen het. HC220093 het mooi gladde haar, ‘n mooi sterk bek, goeie skofontwikkeling, goeie verdonkering, goeie toplyn, mooi lang kruis, mooi gevormde skrotum en mooi skede. Sy lengte-hoogte verhouding is ‘n goeie 1.23. Sy Seleksiewaardes is oor die algemeen baie goed en hy behoort goed te werk op verse. Hy is getoets vir al drie die dubbelbespiering gene en is vry daarvan.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook