HC220077 is aan vaderskant geteel uit KHB180252 en aan moederskant gaan hy terug na FCT110073, ‘n bul wat vir ons baie goed gedoen het. Sy vaar en moer is met DNA bevestig. HC220077 is ‘n “sag op die oog”, goed bevlese, gladde haar bul! Hy het goeie verdonkering, ‘n goeie toplyn, mooi lang kruis, goeie breedte in sy borsvloer, goeie agterkwart, skede en skrotum. Fenotipies ‘n baie mooi en korrekte bul. Sy Seleksiewaardes is oor die algemeen goed, hy is getoets vir en vry van al drie die dubbelbespiering gene en behoort volgens sy data geskik te wees vir gebruik op verse. Seleksiedata gunstig vir gebruik op verse
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook