Hierdie bul toon uitstekende lengte en breedte met ’n sterk bespierde lyf en mooi balans. Sy goeie buovorm en goeie beenstruktuur verseker funksionele doeltreffendheid en aanpasbaarheid. Hy het ’n baie goeie vel en haar, met ’n sterk manlike kop en goeie pigment.
ERH 22-66 is gekweek uit beproefde moederlyne en dra sterk genetiese meriete vir groei en vleisproduksie. ’n Tipiese Bonsmara bul met goeie gehardheid, wat waarde sal toevoeg in enige teelprogram.Gebruik hom net op koeie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook