Erfdwang en oorerflikheid werk, as die kombinasie van genotipe en fenotipe van vader en moeder gesamentlik ‘n beter nageslag oplewer – en dit nie net nou en dan nie, maar gereeld. Fenotipes vertoon lot 12 beslis die voortreflike funksionele eienskappe van sy pa, HMB 19-83: Bekorende dieprooi haarkleed, korrekte, goed gevormde bene, mooi manlikheid, en baie goeie kapasiteit. Opvallend is sy lengte: Manlike kop met goed ontwikkelde oogbanke en sterk bek, goeie koplengte en gesogte langwerpige, goed gevulde bespiering. Alhoewel sy prestasiesyfers goed in balans is, is sy fokus beslis op goeie groeisyfers.
Van sy ma het hy die genotpiese gene geërf wat sy paternale uitmuntendheid goed aanvul: Goeie velddoeltreffendheid, goeie retensie van dogters in die kudde, goeie melkproduksie, mooi gladde haarkleed en wenslike bevlesing – alles eienskappe wat nie maklik sigbaar is nie, maar funksioneel en ekonomies baie betekenisvol is.
Met sy ruim middelstuk kapasiteit, goeie breedte oor die skouers en hakke, goed ontwikkelde lende an goeie bevlesing oor die agterkwart, is lot 12 uiters geskik vir enige vleisproduksie stelsel – het sy speenkalwers of osse. In kruisteling behoort hy beter bevlesing en gradering in parings met taurus-tipe koeie op te lewer, en met indicus-tipe koeie beter slaggewig, voerbenutting en vroeër slaggereedheid met beter karkasse. Hy behoort betekenisvolle waarde vir lengte, groei en bouvorm by enige kudde te voeg.
Lot 12 word aanbeveel as ‘n uitsoek kwaliteit veeldoelige bul in enige produksiestelsel waar beter groei, beter bouvorms, goeie kwaliteit vervangingsverse en sterk bene vereis word.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook