RPE20-11 is waarskynlik die bul met die beste diepte en kapasiteit wat ons nog gebruik het. Hy is n seun van die bekende LAR09-281, ons het LAR09-281 sterk in ons kudde gebruik en hy teel konstant uitstekende bouvorm met uitsonderlike diepte en kapasiteit en dogters met oorvloed melk. Ons het reeds 7 van sy self geteelde seuns in ons kudde gebruik en dit lyk of hulle nog beter as hy gaan teel, dit is tog die definisie van 'n goeie bul, dat hy beter teel as wat hy self is. Daar is 3 LAR09-281 seuns op die veiling waarvan ons al 3 sterk gebruik het. RPE20-11 se ma is 'n ou staatmaker LAR koei, LAR06-104, wat spog met ’n TKP van 415dae oor 12 kalwers. Sy is ook die ma van laas jaar se lot 6 RPE19-122 gekoop deur Andre Fryer. Uit sulke ouers is dit geen verrassing dat RPE20-11 ongelooflike baie vleis dra met ‘n perfekte balans tussen bevlesing en bespiering, hy het pragtige vel en haar, uitstekende temperament, goeie bene en kloue en byna perfekte testes. Ons het hom sterk gebruik in die kudde en verwag baie van sy kalwers. Ons behou 'n semen gebruik van die bul.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook