RPE20-37 is 'n vroeg ryp medium raam bul met uitstekende bouvorm, goed gebalanseerde syfers en 'n diep stamboom. Hy het van jonks af uitgestaan en het ons hom op 'n jong ouderdom gebruik op ons stoet koeie. RPE20-37 is breed reg deur met uitstekende breedte oor die draai- en sit bene wat deur loop tot by 'n pragtige breë bors vloer. Hy is afkomstig van 'n pragtige vroulike koeitjie, RPE14-24, sy is 'n kombinasie van die bekende bulle MMJ08-102 en LAR05-350. Sy is dan ook die ma van lot 16 op ons 2022 produksie veiling, verkoop aan Ashley en Jacky Whitfield (Whitfield bonsmaras). Sy het 'n kalf rekord van 6 kalwers op 8 jarige ouderdom met 'n TKP van 415. Vaderskant kom RPE20-37 uit PAD13-177, hy het 10 seuns op die veiling, en teel konstant uitstekende bouvorm, goeie vel en haar, goei kloue met goeie diepte van heel en besonderse sterk breë bekke. Lot 7 het al daardie eienskappe van sy pa in oortreffende trap. Hier is 'n BUL!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook