RPE20-34 is ‘n BUL van ’n bul, met uitstekende manlike bouvorm en ‘n reuse skof. Hy is breed oor sy rug en alhoewel hy nie die DB gene dra nie het hy vol binne en buite dye, iets wat baie keer kort op ‘n bul wat nie die DB gene dra nie. Hy het ‘n uitstekende lengte hoogte verhouding, pragtige balans en ‘n uitstekende moeder, RPE14-57, 'n dogter van die bekende bul LAR05-350 uit dieselfde NPT91-40 dogter as lot 3 se ma, dus is lot 3 en lot 4 se ma's half sussies, voorwaar 'n familie wat teel. Aan vaderskant is sy pa, AG10-438, ‘n direkte seun van CSW01-14 (sien lot 1). Hier is 'n bul wat mens met vrymoedigheid op selfs jou mees bespierde koeie kan gebruik sonder om bouvorm prys te gee. 'n Nie-geendraende bul wat vir jou iets spesiaal kan teel. Ons behou ‘n semen aandeel van die bul.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook