RPE19-188 ook bekend as die Oliedrom. Die bul is ongelooflik breed met besonderse sprong van rib en kapasiteit, vandaar sy naam OLIEDROM want hy is gebou soos een! Hier is 'n bul wat in een generasie 'n groot verbetering in kapasiteit , breedte, lengte en skouerhoogte gaan maak in enige kudde. Ons het hom gebruik op verse en koeie met uitstekende resultate. Hy kom uit een van ons staatmaker koeie LDW10-160 wat 'n LAR05-23 dogter uit 'n NPT91-40 dogter. Sy is 'n pragtige lang wigvormige koei wat elke jaar een van die beste kalwers speen. Aan vaderskant kom RPE19-188 uit RPE16-05, hy is 'n LAR05-350 seun uit 'n LAR05-67 dogter. LAR05-350 en LAR05-67 is broers (selfde vaar LAR03-66) dus is RPE16-05 gelyn teel na die besonderse oupa. RPE19-188 is dan ook 3% gelynteel na die oupa, wat teweeg bring dat hy uitstekende efdwang het en ons sien dit in sy kalwers, hulle lyk soos hy.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook