RPE20-109 is 'n nie-geendraende vers bul met uitstekende bouvorm, hy is breed oor sy rug, hy het 'n uitstekende toplyn, vol agter die blaaie en vol agterkwart. Hy is uit dieselfde vaar as lot 1 en lot 4, AG10-438, 'n CSW01-14 seun wat vir ons uitstekend gedoen het. Aan moeders kant is hy uit die EI94-339 lyn wat uitstekende melk en pragtige koeie geteel het. Sy ma, LDW11-167 het op 11 jarige ouderdom al 8 kalwers gespeen met 'n gemiddelde speen indeks van 101 en 'n TKP van 393 dae.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook