RPE20-80 is 3de laaste bul op die veiling maar verseker een van die sterker bulle. Hy is 'n regte vleis bul, hy is die laaste AG10-438 seun op veiling en dra soos sy broers (sien lot 1 en 4) baie vleis, hy het van kleins af die oog gevang met sy goeie bespiering en lang lyf. Sy ma is een van ons staatmaker LAR05-350 dogters, haar ander seun RPE18-57 was een van ons vlagskip bulle op ons 2021 veiling, verkoop aan Ashley Whitfield (Whitfield Bonsmaras). Hy het goeie bouvorm, goeie gene en goeie gebalanseerde teelwaardes.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook