Lot 33 is 'n bul wat ons as kalf saam met sy ma PAD15-152 by Hendrik Brits gekoop het. HKB20-56 is 'n veilige bul vir verse, hy het 'n pragtige gladde vel met donker pigment, hy het baie diepte en kapasiteit en 'n manlike kop al is hy nou eers 26 maande oud. Sy ma is 'n pragtige koei wat geteel is uit 'n kombinasie van CSW01-14, Fourie Scheepers en Kit Thompson lyne. Sy vaar AG15-857 is 'n seun van die bekende ADV07-154 was ook die pa is van die R600k bul AG16-50 wat Frans Seevinck laas jaar gekoop het. HKB20-56 het uitstekende 'n lengte : hoogte verhouding van 1,31:1. Hier is 'n bul wat veilig is vir verse, nogsteeds 'n goeie speenkalf en pragtige koeie gaan teel.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook