RPE20-39 is 'n bul wat veilig is vir verse sonder om te klein te raak. Hy het goeie bouvorm, goeie diepte van lyf en goeie lengte. Sy ma RPE16-14 is 'n LAR05-350 dogter, sy is 'n hoogs vrugbare koei wat 4 kalwers speen met 'n gemiddelde speen indeks van 102 en 'n TKP van 325. RPE20-39 is dan ook 'n seun van AG10-438(CSW01-14 seun), wat 7 seuns op die veiling het, insluitend lot 1 en lot 4. Hier is 'n bul wat veilig is vir verse, met 'n uitstekende stamboom, hoogs vrugbare ma en uitstekende bouvorm.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook