Lot 2 die jaar is 'n bul wat op verse en koeie gebruik kan word en 'n bul wat BAIE vleis dra sonder on die DB gene te dra. Hy het uitstekende kapasiteit, goeie lengte, breedte, diepte en 'n sterk breë rug. Sy ma (RPE15-09) is 'n besonderse mooi LAR10-181 dogter uit die ou staatmaker LAR koei LAR04-256. Sy kalf vir die eerste keer op 2 jaar en kalf elke jaar daarna (7 jaar 6 kalwers), sy het 100% goedkeuring op al 4 haar kalwers aangebied sover, met haar eerste seun, RPE17-40, verkoop aan Tigane Bonsmaras van oom Hendrik Beyers en haar 2de seun, RPE18-52, verkoop aan Piet Du Toit en Handre Maree as een van ons vlagskip bulle op ons 2021 produksie veiling. 'n Koei wat konstant teel en ons verwag die seun gaan dieselfde doen a.g.v. sy genetiese diepte. Aan vanderskant is RPE20-64 uit PAD13-177 (EI04-38 en CSW01-14 kombinasie). RPE20-64 het verder uitstekende BLUP syfers, met 'n speen direk van +14.4 en melk syfer van +4.8. Hier is 'n "Easy fleshing" vers bul wat op koeie ook gebruik kan word met 'n uitstekende stamboom, goeie syfers en top bouvorm.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook