RPE20-19 is 'n bul wat elke keer mens se oog vang met sy sterk manlike kop en swart pigment. Hy het besonderse diepte van lyf, kapasiteit in oortreffende trap. RPE20-19 is dieselfde genetiese kombinasie, AG10-438 (CSW01-14 seun) op 'n LAR05-350 dogter as lot 1 en lot 4, 'n kombinasie wat uitstekende bouvorm geteel het sonder om die dubbelbespiering geen te dra. Hy het 'n melk syfer van +7 en behoort pragtige koeie te teel met kapasiteit en baie melk.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook