RPE20-99 is 'n bul met uitsonderlike bouvorm, lengte, diepte, goeie balans, lang stert, swart pigment met 'n blink gladde vel. Hy dra BAIE vleis, sonder om die dubbelbespiering geen te dra. Hy is 'n AG10-438 seun (CSW01-14 seun) by 'n pragtige donker rooi, swart pigment koei met baie kapasiteit. Aangesien beide sy ouers donker is met swart pigment verwag ons dat RPE20-99 dit sterk sal oordra na sy kalwers. 'n Bul met uitstekende vleis eienskappe wat mens met vrymoedigheid kan gebruik op hard bespierde koeie sonder om die bouvorm in te boet.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook