RPE20-116 is 'n bul met 'n lang lyf, goeie vel en haar, netjiese skede, goeie toplyn en sterk kloue. Hy speen 49.4% van sy ma se gewig, met 'n speen gewig van 249kg van die veld af. Sy ma (RPE14-12) is 'n top koei wat elke jaar 'n top kalf lewer, haar ma LAR02-315 was waarskynlik die koei met die beste diepte en kapasiteit wat ons nog gesien het, sy is ook die vol suster van die bekende stoet bul LAR98-272. Hier is 'n bul wat swaar speenkalwers gaan teel met goeie lengte van lyf.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook