RPE20-111 is 'n veilige vers bul wat nogsteeds goeie bouvorm het. Hy het 'n los gladde blink vel, goeie top lyn, goeie bene en kloue, met 'n gemaklike gang. Sy ma, RPE17-28, is 5 jaar oud en het reeds 4 kalwers op die grond. Sy ma se ma, RPE08-18 is 14 jaar oud, steeds in die kudde met 'n TKP van 399 dae oor 10 kalwers. Voorwaar 'n hoogs vrugbare koei familie. Hier is 'n bul wat op verse gebruik kan word en wat goeie verse behoort te teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook