RPE20-87 is 'n robuste, vroeg ryp bul wat ons self op stoet koeie gebruik het vars uit sy fase D toets uit. Hy het van jonks af uitgestaan met sy goeie bespiering en het baie vroeg sekondêre manlike eienskappe gewys. RPE20-87 is dieselfde genetiese kombinasie (PAD13-177 en LAR05-350) as lot 10 van ons 2022 veiling wat vir R350k verkoop is aan Johan Goosen van G10 bonsmaras. RPE20-87 is 'n bul wat kondisie sal hou tussen die koeie en vroegryp "right type", "right size" diere gaan teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook