RPE20-69 is die toonbeeld van manlikheid. Hy het 'n sterk manlike kop, sterk skof, swaar bors met genoeg diepte en uitstekende bespiering. Hy is ook een van die bulle in die groep met die beste libido, 'n belangrike eienskap in sy lyn van werk. Hy is uit 'n ou staatmaker LAR koei LAR04-394 wat baie goed vir ons geteel het. Sy het 14 kalwers in haar leeftyd gespeen met 'n gemiddelde speenindek van 100, werklik iets besonders. Ons het 3 van haar dogters steed in ons kudde en hulle teel al 3 uitstekend. Vaderskant kom die bul uit PAD13-177 wat uitstekende bouvorm teel met min foute. Hiers is 'n bul wat fluks sal dek en kalwers met goeie bouvorm sal teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook