RPE20-82 is die laaste van die 3 bulle op die veiling wat geteel is deur PAD15-78 (KVB11-101 seun) gekombineer met 'n LAR05-350 dogter. Die kombinasie het werklik uitstekend gewerk met al 3 die seuns wat "true to type" is en ons verwag hulle sal "true to type" teel a.g.v. die kombinasie van gene wat dieselfde tipe diere vir generasies is. RPE20-82 is uit 'n staatmaker koei familie met die ma en ouma wat hoogs vrugbaar is. Sy ouma LAR04-394 is dan ook die ma van lot 23, asook die ma van lot 14 se ma RPE15-07. Ons skryf lot 22 hoog aan met sy goeie bevleesling, baie kapasiteit, sterk rug, manlike kop, breë bek, goeie bene en kloue. Al 6 sy super waardes is bo ras gemiddeld. As jy na 'n korrekte bul soek wat "true to type" gaan teel is lot 22 dalk net dit.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook