Ons begin die jaar se veiling met die breedste bul wat ons nog aangebied het en een van die bestes. RPE20-29 is 'n BLOK vleis. Hy is breed van voor tot agter met besonderse sprong van rib. Hy het 'n tafel van 'n rug met 'n toplyn wat plat loop tot in sy skof. Hy het 'n ideale stert aanhegting, sterk bene en kloue, netjiese skede en groot testis wat reguit hang. Hy dra enorm baie vleis sonder om die DB gene te dra. Verder het hy 'n stamboom vol legendes, sy ma,RPE14-01, is 'n pragtige LAR05-350 dogter, met 'n TKP van 385 oor 6 kalwers en 'n gemiddelde speen indeks van 103. Sy is verkoop aan Cyril Ramaphosa in 2022. Lot 1 se vaar, AG10-438, is 'n CSW01-14 seun, wat 8 seuns op die veiling het. Hier is 'n vleis bul wat met enige ras sal kompeteer. Ons behou 'n semen gebuik van die bul.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook