Lot 19 is een van die 3 bulle op die veiling wat geteel is deur PAD15-78 (KVB11-101 seun) gekombineer met 'n LAR05-350 dogter. Die kombinasie het werklik uitstekend gewerk met al 3 die seuns wat "true to type" is en ons verwag hulle sal "true to type" teel a.g.v. die kombinasie van gene wat dieselfde tipe diere vir generasies is. RPE20-86 is uit 'n top vroulike koei RPE13-18 wat ook die ma is van lot 2 van 2022 se veiling gekoop deur Dr Natie Swart. RPE20-86 dra werklik baie vleis sonder om die dubbelbespiering gene te dra. Hier is 'n baie korrekte bul met genetiese diepte, wat vleis gaan teel sonder om die DB gene te dra.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook