RPE20-137 is een van die jongste bulle op die veiling maar een van die bestes. Ons het hom vars uit die fase D gebruik op stoet koeie. Hy is uit 'n befaamde LAR koei LAR09-329 wat al 5 stoet bulle geteel het, 2 by ons en 3 by Up George bonsmaras. RPE20-137 is 'n bul met 'n sterk manlike kop, breë bek, swart pigment, lang lyf, goeie nat bespiering, netjiese skede en groot skrotum wat reguit hang. Sy eie speen gewig was 274kg met 'n speen direk syfer van +27.1. 'n Bul wat goeie groei en bouvorm behoort te teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook