RPE20-114 is een van ons gunsteling PAD13-177 seuns op die veiling uit 'n top produserende LAR05-350 dogter, RPE15-01, sy spog met 'n TKP van 346 oor 4 kalwers. Ons het haar ongelukkig verloor weens 'n besering. RPE20-114 is 'n bul met uitstekende lengte van lyf, goeie bouvorm, vol in die lende en goeie binne en buite dye, breed oor die rug, netjiese skrotum en skede, blink gladde vel, goeie kloue en 'n sterk breë bek.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook