RPE20-117 AKA Vleispaleis! Hy is voorwaar 'n blok vleis. Hy is breed en hy is diep. Hier is 'n bul wat in een generasie 'n beduidende verbetering in bouvorm en vleis eienskappe gaan maak. Sy vaar, PAD15-78 (Sien lot 14) het 9 seuns op van jaar se veiling, 'n bul wat konstant uitstekende bouvorm teel. Aan moederskant is kom RPE20-117 uit 'n pragtige LAR05-159 dogter wat spog met 'n TKP van 401 oor 7 kalwers. RPE20-117 het 'n sterk breë rug, vol agter die blaaie, vol binne en buite dye met 'n boud wat tot laag af kom op die hak. 'n Bul wat sy werk sal doen sonder om maer te word, met uitstekende bouvorm en genetiese diepte.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook