Lot 16 is een van die jongste bulle (27maande) op die veiling maar beindruk al van jonks af. Hy is een van 3 bulle (sien lot 19 en 22) op die veiling met dieselfde genetiese kombinasie (PAD15-78 by 'n LAR05-350 dogter) as die top prys bul op ons 2022 veiling (RPE19-123 verkoop aan Lourens van Wyk). Lot 16 se vaar PAD15-78 is gelynteel na J8 en BG96-125 deur KVB11-101 as vaar te kombineer met ‘n CSW01-14 dogter. Sy ma is 'n pragtige LAR05-350 dogter met 'n TKP van 392 oor 10 kalwers en 'n gemiddelde speenindeks van 105. Let op RPE20-146 se sterk rug wat breed loop tot reg in sy skof, 'n uitstekende aanduiding van breedte reg deur. Verder het RPE20-146 'n sterk manlike kop, baie mooi manlike nek en skof, gemaklike gang, sterk breë bek, goeie lengte van lyf en uistekende balans tussen voor en agter. Hy het uitstekende bespiering sonder om die dubbelbespiering gene te dra. Hier is 'n jong bul met goeie bouvorm en syfers wat op verse en koeie gebruik kan word.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook