Lot 14. RPE20-16 is ‘n geneties meerderwaardige bul. Hy is ‘n seun van PAD15-78 wat gelynteel is na J8 en BG96-125 deur KVB11-101 as vaar te kombineer met ‘n CSW01-14 dogter. RPE20-16 se ma (RPE15-07) is ‘n LAR10-181 dogter en is een van die mooiste koeie wat ons al gesien het, breed van agter en wigvormig. Lot 4 van ons 2022 veiling, gekoop deur Up George bonsmaras en Baszohn bonsmaras is dieselfse genetiese kombinasie(PAD15-78 op ‘n LAR10-181 dogter).
RPE20-16 is werklik iets spesiaal, hy is breed en lank met besonderse diepte en hy dra baie vleis sonder om die DB gene te dra. Hy het baie goeie bene en kloue, netjiese skede, perfekte testes en sterk breë bek. ’n Baie korrekte bul met genetiese diepte. Hy is veilig vir verse maar sal nogsteed 'n swaar speenkalf lewer. Ons het hom self gebruik en behou ook ‘n semen aandeel van die bul.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook