Lot 11 is 'n bul wat uitstaan met sy manlikheid en uitstekende bouvorm. Hy het 'n blink gladde vel, pragtige manlike verdonkering, breë rug, vol agter die blaaie, sterk kop, dik nek, uitstekende balans tussen voor en agter, baie diepte en kapasiteit en die perfekte balans tussen bespiering en bevleesing. RPE20-65 se vaar is PAD13-177, ’n kombinasie van 'n CSW01-14 dogter en 'n EI04-38 seun. Aan moederskant is RPE20-65 uit 'n pragtige LAR05-350 dogter, RPE16-35, sy soog tans haar 4de kalf, al 3 haar vorige kalwers is goedgekeur, haar 2de seun RPE21-82 gebruik ons tans op ons stoet verse. Sy ma se ma RPE10-08 is nog 'n staatmaker koei met 11 kalwers in 12 jaar met 'n TKP van 365. Hier 'n goedbevleesde, "all-rounder" wat mens kan aanwend op verse en koeie, 'n bul wat baie vleis dra sonder on die DB gene te dra.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook