Lot 12 is 'n bul wat dadelik jou oog vang met sy besonderse manlike kop en reuse skof, let wel hy is nou eers 29 maande oud. Hy is die langste bul wat ons nog in 'n fase D getoets het met 'n lengte : hoogte verhouding van 1.28 : 1. Hy speen 52% van sy ma se gewig, met 'n speen direk syfer van +29.8 en melk syfer van +2. RPE20-97 is 'n LAR14-265 seun wat half broer(selfde ma) is van LAR17-339 (Die Up George bul verkoop aan Elof Muller vir R1.5m in 2021), aan moederskant is RPE20-97 uit 'n top LAR05-350 dogter wat elke jaar een van die beste kalwers teel. Verder het RPE20-97 'n baie gemaklike gang, goeie kloue en bene, uitstekende vel en haar met swart pigment, netjiese skede en perfekte testes. RPE20-97 is 'n bul wat ons self in die stoet gebruik het en ons behou 'n semen aandeel van die bul.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook