JHL 20 096 is ‘n bul met baie mooi manlike verdonkering, goed ontwikkelde skof en diep nek. Hy is lekker vol in die lies met baie goeie lyne, korrekte kruis, goeie bespiering in sy agterlyf en ‘n mooi stertaanhegting. Hy het ‘n netjiese onderlyn en staan sterk op sy bene. Met besonderse genetiese saamgestelde waardes vir groei- en karkaswaarde. Hy word aanbeveel vir die teel van speenkalwers.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook