JHL 20 016 het ‘n lekker sterk, breë bek met prominente oogbanke. Hy het ‘n goed ontwikkelde nek en skof. Lot 12 het ‘n lekker sterk toplyn en baie goeie breedte, veral oor die dye en sitbene en besonderse loopvermoë. Hy is ‘n wakker bul met besonderse karkaseienskappe. ‘n Agressiewe groeier met besonderse genetiese saamgestelde waardes vir speenkalfproduksie, groei- en karkaswaarde. Hierdie bul behoort melkproduksie en groei in ‘n vleisbees kudde te verbeter. Melksyfer van 107 en GDT van 121. Hy word aanbeveel vir die gebruik op koeie vir die teel van vervangingsverse en speenkalwers.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook