CHC 20 011 is ‘n bul met besonderse konformasie en baie goeie toplyn. Hy het ‘n blink gladde haarkleed wat goeie aanpassing bevestig. Sy groot oogspier oppervlakte wys dat hy baie vleis dra. Hy het besonderse genetiese saamgestelde waardes vir speenkalf-, groei- en karkaswaarde en juis daarvoor word hy aanbeveel vir aanwending op koeie met die oog op teel van gesogte speenkalwers.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook