Bondgenote en Dwarstrekkers – Leopold Scholtz
Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek, was die wedersydse lojaliteit tussen Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) groot en die verhoudings tussen die leiers was oor die algemeen baie hartlik. Maar hoe verder die oorlog gevorder het, hoe hewiger het die verskille tussen die bondgenote geword.
In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 laat val Leopold Scholtz die kollig op die minder bekende “stryd agter die stryd” tydens die Anglo-Boereoorlog: die verskillende standpunte en oortuigings van die republikeinse leiers; botsende persoonlikhede en opbouende spanning.
Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu
“Die vraag is nou: Hoe moet die Afrikaners op die nuwe situasie reageer? ’n Eeu gelede het hulle hul nie by die werklikheid van die Anglo-Boereoorlog se verskroeide aarde neergelê nie – hulle het skouer aan die wiel gesit en binne die praktiese beperkings die beste van die saak gemaak. Het die moderne Afrikaners dit in hulle om hulle eweneens nie by die nuwe werklikheid van die verlore heerskappy neer te lê nie en dit binne die praktiese beperkings in ’n herwonne toekoms te omskep? Het hulle die geestelike, die emosionele en die intellektuele krag om die verlies van mag te bowe te kom en nie alleen te oorleef nie, maar iets groots in die praktyk tot stand te bring? Sal van hulle gesê word dat hulle in ’n krisistyd deur die smeltkroes gegaan en sterker anderkant uitgekom het? Of sal hulle sagkens, soos ’n kers onder ’n maatemmer, uitgedoof word?” – Leopold Scholtz in Kruispaaie.
Meer oor Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu
Die Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ? sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil om oorlewing sou beklemtoon. Dié kultuurgroep se stryd om oorlewing is duidelik in onder meer die vestiging van die Boererepublieke, die keuse om Afrikaans as taal te vestig, die herwinning van politieke mag in 1948 en uiteindelik die verlies van mag teen 1994.
Kruispaaie, deur Leopold Scholtz, plaas die fokus op dié en ander rigtinggewende keuses wat die Afrikaner gedurende die 19de en 20ste eeu geneem het en ondersoek die, soms rampspoedige, gevolge van dié besluite. Dit vra ook die brandende vraag prontuit: Het die moderne Afrikaner dit in hulle om binne die praktiese beperkings ? herwonne toekoms te skep? Of sal hulle sagkens, soos ? kers onder ? maatemmer, uitgedoof word?
Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is die mees omvangryke bron oor dié oorlog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Ervaar die oorlog soos dit nog nooit vantevore opgeteken is nie – met gedetailleerde beskrywings (met inligting uit Boere- en Britse bronne) oor die aanloop tot die stryd; die beleëring van onder meer Potchefstroom, Pretoria en Standerton; en inligting oor elke bloed- en sweetoomblik by die veldslae van Laingsnek, Schuinshoogte en die finale, legendariese Slag van Majuba. ‘n Daaglikse dagboekinskrywing van die dag se gebeure gedurende die Eerste Vryheidsoorlog kan hier gelees word.
Donkerhoek – Andries Breytenbach
Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog
Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het reeds ’n hele paar maande gewoed. Die Boerekrygers was moeg, hul veglus min en hul moreel laag. Teen 31 Mei 1900 wou die voorste krygsleiers van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) ’n vredesaanbod aan die Britse bevelvoerder maak, maar hul bondgenoot in die oorlog, die Vrystaat, dwing hulle om die stryd voort te sit.
Op 11 en 12 Junie 1900 vind die Slag van Donkerhoek (ook genoem Diamond Hill) ten ooste van Pretoria plaas. Die afloop van hierdie veldslag was teen alle verwagtinge in – inderdaad ’n keerpunt vir albei partye.
Sluit ‘n verwyderbare kaart van die veldslag in.
Vasgevang! – Louis Changuion
Die lewe van die Boere in die Suid-Afrikaane krygsgevangenekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog
In November 1899, nagenoeg ’n maand nadat die Anglo-Boereoorlog in Oktober uitgebreek het, word die eerste Boerekrygsgevangenes na Simonstad gestuur. Hier word hulle eers aan boord van transportskepe in die baai aangehou. In Januarie en Februarie 1900 word die eerste gevangenes oorgeplaas na die krygsgevangenekampe in Kaapstad, Simonstad en Ladysmith, en kort vóór die einde van die oorlog, in Januarie 1902, word nóg ’n kamp in Durban opgerig.
Nagenoeg 28 000 Boerekrygsgevangenes is uiteindelik in dié kampe aangehou voordat hulle vanaf April 1900 na die 31 buitelandse kampe (te St. Helena, Ceylon, Bermuda en Indië) gestuur is.
Vasgevang! bied ’n uitsonderlike kultuurhistoriese beskrywing van die lewe in die Suid-Afrikaanse kampe, ’n aspek wat nog nie voorheen te boek gestel is nie. | Estimated Value: 2500-4500
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook