Hierdie 8 punt kuddevaar uit die kombinasie van AG03-256 en HTC99-018 as oupas, het reeds 130 nageslag (7x seuns in hierdie aanbod) met 'n gemiddelde speenindeks van 100 in die Hentacor kudde! Hy kan spog met 'n uitstekende moeder met die volgende fisiese reproduksie syfers: OEK = 34mde, TKP = 383dae, 9 kalwers oor 11jr en RI = 109. Verder het beide sy oumas, soortgelyke vrugbaarheid eienskappe!! Hy het ook uitstaande skof, skede, naelvel, trap en hiel, goeie oogbanke, breedte, skrotum en keelvel. Hy is ideaal om op G raam én groei tipe koeie te gebruik.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook