Totale grootte: 2842,6952 ha
Hierdie eenheid is die volledige plaas, bestaande uit Dele 1, 2, 3 en 4. Verwys na die kaart.
Hierdie is een van die beste gevestigde plase in die Ventersburg-omgewing, en 'n seldsame geleentheid. Die drade, infrastruktuur, damme en waterstelsels is uitstekend. Daar is ongeveer 350 ha lande vir voerproduksie, insluitend smutsvingerweidings, besproeiing en natuurlike weidings. Die plaas het 88 kampe, 75 waterkrippe, 13 gronddamme, 15 windpompe, 19 sementdamme, 7 dompelpompe, 2 monopompe en 4 sonpompe. Daar is vier van die beste pypkrale in die omgewing, sewe watertenks en een rondekrip. Tans word daar met wild en bees geboer. 'n Kamerastelsel op torings word vanuit die huis beheer. 'n Radionetwerk verseker doeltreffende kommunikasie.
Hierdie unieke boerdery is oor 21 jaar opgebou tot 'n gesofistikeerde stoetveeplaas.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook