Bouvorm bepaal funksie
Lot 24 staan uit as 'n indrukwekkende bul, geteel om as 'n veelsydige “Multiplier“ in enige teelprogram betekenisvolle bydraes te lewer. Hy bring uitstekende speenkalfgenetika na ‘n kudde, asook goeie na-speense groei vir os-produksie en vroulike kalwers wat sterk en gesond groei om vervangingsverse te kan teel.
Hierdie bul is 'n treffende voorbeeld van balans vir vorm en funksie. Met uitstekende aanpasbaarheid en 'n blink, gladde haar, behoort hy nie net in in verskeie veldtoestande te floreer nie nie, maar weerspieël hy ook die gesondheid en balans van 'n natuurlik doeltreffende dier. Sy sigbare „happy lines“ dui op die aangepaste genetika in harmonie met sy omgewing – lae stres, hoë opbrengs, selfs al raak omstandighede moeilik.
Geteel om te produseer en te reproduseer, spog hy met soepel, vol bespiering, goeie vetneerlegging op bemarkings- en parings-ouderdom van 20- 24 maande, met 'n gewenste kruishelling vir kalwingsgemak by sy dogters. Sy diep voorkwart, sterk toplyn en volbespierde agterkwart dui die perfekte balans tussen geslags-egtheid, groei en bouvorm aan wat van hom ‘n veelsydige kuddevaar maak.
Lot 24-bul bied die stewige pakket vir ‘n betekenisvolle „Multiplier“ met goeie bydrae op maternale gene, groei en doeltreffendheid – jaar na jaar.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook