Skrotum = 37cm
LOT 21 JSM 19-13
JSM 19 -13 is ʼn bul wat altyd in ʼn goeie kondisie is. Hy is dan ook ʼn seun van CSW 13-195. Eienskappe van sagte bespiering en die maklike neerlegging van onderhuidse vet ondersteun deur bogemiddelde teelwaardes maak van JSM 19-13 ʼn seker keuse. Die bul het baie kapasiteit, uitstekende vel en haar en is vroegryp, alles eienskappe wat bydra tot die teel van goeie vervangingsdiere. Met sy uiters aanvaarbare kalwingsgemakwaarde kan hy in die hele kudde gebruik word.
JSM 19-13 se besondere teelwaardes is soos volg:
Kalwingsgemakwaarde: 119
Speenkalfwaarde: 112
Vrugbaarheidswaarde: 109
Koeiwaarde: 120
Groeiwaarde: 105
Karkaswaarde: 115
Hierdie bul sal wesenlik bydra om ʼn klimaatsverdraagsame, laesorgkudde te teel.
JSM 19-13 is unfailingly in a good condition. He is furthermore a son of CSW 13-195. Attributes like easy fleshing and the even deposit of fat, supported by above average breeding values, renders JSM 19-13 a sure choice. The bull is early ripe and has excellent capacity and hide and hair, attributes which contribute to the breeding of good replacement animals. With a calving ease value of 119, this bull can be used across the herd.
JSM 19-13 has excellent breeding values:
Calving ease value: 119
Weaner calf value: 112
Fertility value: 109
Cow value: 120
Growth value: 105
Carcass value: 115
JSM 19-13 will make a material contribution in breeding a climate tolerant, easycare herd.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook