Skrotum = 42cm.
LOT 20 JSM 18-21
JSM 18-21 beskik oor al die eienskappe om baie goed onder ekstensiewe omstandighede te presteer. Ons het die bul self in ons kudde gebruik en vier van sy seuns is reeds goedgekeur. Die bul is ʼn “Bos Indicus” tipe bul wat onder klimaatsveranderende toestande baie goed doen. Die bul is diep en breed gebou en het goeie vel en haar, ʼn groot perfekte skrotum (42 cm), ʼn lang stert en baie goeie karkas-eienskappe. Die oogspierwaarde is 114, onderhuidse vetwaarde 127 en marmering 111.
Die bul is ʼn seun van die beproefde bul VV 03-346 van wie JSM 18-21 ʼn uitstekende voorbeeld is. Sy ma, JSM 14-54, is ʼn uitstekende koei met baie melk en haar nageslag presteer baie goed.
JSM 18-21 se teelwaardes ondersreep sy goeie eienskappe:
Geboortegemakswaarde: 109
Speenkalfwaarde: 115
Vrugbaarheidswaarde: 103
Koeiwaarde: 116
Groeiwaarde: 117
Karkaswaarde: 121
Hierdie bul sal wesenlik bydra om ʼn klimaatsverdraagsame, laesorgkudde te teel.
JSM 18-21 have all the attributes to perform well under extensive circumstances. We have used the bull in our herd, and four of its sons are already registered. The bull is a “Bos Indicus” type, known for good performance under climate changing circumstances. The bull has length and width, quality hide and hair, a big perfect scrotum (42 cm), a long tail and very good carcass qualities. The eye-muscle value is 114, fat value 127 and marbling 111.
JSM 14-54 is a son of VV 03-346 and reflects the outstanding proven attributes of this bull. His mother, JSM 14-54, is an excellent cow with lots of milk and well-performing offspring.
JSM 18-21’s breeding values underscores his good qualities:
Calving ease value: 109
Weaner calf value: 115
Fertility value: 103
Cow value: 116
Growth value: 117
Carcass value: 121
This bull will contribute substantially in developing a climate tolerant easy care herd.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook