ʼn Pragtige/ooglike medium kleinraam bul met uitstekende kloue – drie uit drie gepunt! Alhoewel
hy ʼn draer is van die Q204X geen, kompenseer sy goeie balans en redelike diepte daarvoor, wat
deur sy matige maar tog goed gebalanseerde seleksiewaardes asook EBV-indekse, ondersteun
word – neem asseblief kennis van die feit dat die ou tradisionele Indekse se ideale variasie
tussen 90 en 110 gelê het, terwyl die seleksiewaardes asook die EBV-Indekse se ideale variasie
tussen 80 en 120 lê, met 100 steeds as die gemiddelde! Let ook op na sy absolute
gebalanseerde karkaswaarde se boustene se EBV-Indekse! Hy is dus ideaal om as stoet
kuddevaar aangewend te kan word om goeie vervangingsverse uit medium tot medium-plus
raam koeie mee te teel, waar karkaseienskappe hoog op die prioriteitslys is
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook