Hierdie uiters goed gepigmenteerde bul (lyk soos ʼn matriekmeisie wat die eerste aand uitgaan,
met sy swart ooglede en neusspieël) is ʼn lus vir die oog! Sy skrotum is seker die mees
volmaakste waarvan mens net van kan droom – spieëlglad en met pragtig goedontwikkelde
epididimi, iets wat die gemiddelde Bonsmara bulle te kort aanskiet! Sy uiters mooi bouvorm
oorskadu egter sy ligte, tog gebalanseerde seleksiewaardes. Hy is geskik as stoet kuddevaar
waar EBV’s totaal handuitgeruk het!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook