HC180049 is deur David Coc van Tempevale Bonsmaras uitgesonder as ‘n bul waarvan hy baie hou, “want dit is die tipe wat goed doen in die harde Oos-Kaap waar hulle boer”. Fenotipies is hy basies 100% korrek. Hy is aan vaderskant uit HC150101, wat deur Dr Stepan Wessels van ons gekoop is. Hy gaan terug na AG040306. Sy moer, HC140070, is een van die beste koeie wat Hencor Bonsmaras nog geteel het. Sy het as vers in die herfs begin kalf en skuif na haar 4’e kalf wat sy deur ons harde winters gesoog het, na die lente. Sy het 7 kalwers, waarvan 6 reeds goedgekeur is. Van hierdie kalwers is twee 7 gepunt en vier 8 gepunt tydens keuring. Sy is nou by ‘n goeie vriend, Eloff Muller, met haar sewende kalf (‘n versie) en is tans dragtig van LAR160339. HC180049 is uit hierdie wonderlike koei geteel! Sy vaar en moer is deur DNA bevestig. Hy het vir ons uitstekend gedoen en behoort in meeste stoetkuddes ‘n goeie bydrae te maak. Hy is getoets vir en vry van al drie dubbelbespiering gene. Ons het hom meestal op verse en eerstekalf koeie gebruik.Kuddevaar, Op verse gebruik, Top Moer - nou by Eloff Muller.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook