HC220151 gaan terug aan vaderskant na WAT190230 en aan moederskant is sy moer ‘n dogter van AG150820, die vaar van Lot 5, HC200159. Hy is manlik met ‘n mooi sterk bek en baie keelvel, hy het ‘n goeie toplyn, voldoende kapasiteit, ‘n goed gevormde skrotum en netjiese skede. In terme van BLUP is hy sterk op melk en skrotum en hy het relatief goeie Seleksiewaardes wat ondersteunend van gemak van kalwing is. Sy lengte-hoogte verhouding is ‘n mooi 1.22. Ons het hom laat toets vir die Q204X geen en ten tye van die skryf hiervan het ons nog gewag op die uistlag daarvan. Seleksiedata gunstig vir kalwingsgemak
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook