HC220129 is ‘n mooi, donker, gladde haar bul wat volgens sy Seleksiewaardes en bouvorm geskik is vir gebruik op verse. Sy vaar is ALF190140 en aan moederskant is hy uit ‘n vrugbare koei, HC130054. Haar vaar is HC080179 en hy gaan terug na die bekende PHR030036 van Umphukane Bonsmaras van Hans van Rooyen. HC220129 is mooi in balans, hy dra sy kop mooi hoog, hy het ‘n mooi sterk bek en oogbanke, hy toon goeie skofontwikkeling en verdonkering, het ‘n mooi toplyn, ‘n mooi skrotum, netjiese skede en het voldoende kapasiteit. Hy is getoets vir die Q204X dubbelbespiering geen en is vry daarvan. As jy op soek is na ‘n bul om op verse te gebruik, is hierdie ‘n bul om te oorweeg. Seleksiedata gunstig vir kalwingsgemak
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook