HC210065 is een van twee bulle op die veiling wat geteel is uit HC180081. (Sien Lot 4.) Sy vaar is deur DNA bevestig. Aan moederskant gaan hy terug na GCD050148 van oorlede oom Glynn Handey van die Oos-Kaap. (Sien Lot 1.) HC210065 beskik oor die baie gesogte donker pigment en wys ook mooi verdonkering. Hy het goeie kapasiteit en ‘n netjiese skede en goed gevormde skrotum. Ons het HC210065 in ons stoetkudde op koeie gebruik. Hy beskik oor goeie Seleksiewaardes vir Speenkalf, Groei en Karkas. Sy lengte-hoogte verhouding is ‘n baie goeie 1.25. Hy is getoets vir en vry van al drie die dubbelbespiering gene. In kudde op koeie gebruik
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook