Ons 2015-verse het hardebene gekou a.g.v. die ergste droogte en toe ons hulle ondersoek het die veearts gevra vir ‘n kans. So bly ons het dit gedoen, want daai (2015) verse doen goed. Hierdie is ‘n seun uit 1 van daardie koeie. Sy kalf effe later met ‘n TKP van 348/3. Goeie versbulsyfers vir diegene wat versbulle soek. Sy pa, GZV160153, is ‘n paar jaar gelede op die Mid Vrystaatveiling aan Niel Hobson van Setlagoli verkoop. Sy ouma, GZV100306, is as Golden Oldie op die veiling.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook