Met ‘n raamtipe 3 ½ kom lot 25 in as ‘n effens groter raam tipe bul. Hy maak beslis ‘n indruk met sy goeie manlikheid in kop, voorkwart en skof-ontwikkeling, mooi breedte in die bors asook breë bespiering oor sy rug en agterkwart. Sy bene is sterk en korrek en kan beslis sy goeie bouvorm hanteer en hy kan gemaklik beweeg. Sy skede is netjies en kort, sy testis goed ontwikkel. Lot 25 vertoon goed ontwikkelde buitedye en goed gevulde binne-dye, en hy vertoon die tipiese perdehoef bespiering op sy agterkwart.
Lot 25 het goeie groeisyfers, geen buitensporige eienskappe en kenmerke wat met sorgvuldigheid bestuur moet word nie. Hy behoort altyd in goeie kondisie te wees, altyd goeie groei na sy kalwers oor te erf, en behoort baie goed in speenkalf- sowel as os-produksie stelsels te vaar.
In kruisteling behoort hy raamtipe en breedte op sy nageslag te verbeter, en waarde toe te voeg tot goeie bevlesing. Met sy doeltreffendheid behoort hy maklik op die veld te aard. Hy is ‘n gemoedsrus, boerderygemak bul met lae onderhoudsbehoeftes en maklike afronding vir enige vleisproduksie stelsel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook