Is ‘n mediumraam, kalfgemak bul wat op uitgegroeide verse en koeie gebruik kan word met baie goeie bouvorm, kapasiteit, bespiering, breedte en ‘n baie sterk toplyn. Hy dra baie vleis en is in uitstekende balans met agterkwart, middelstuk en voorkwart. Hy wys baie goeie manlikheid met sterk kop, baie goeie breedte tussen die oë, goeie oogbanke, goeie bek, pragtige verdonkering en ‘n goeie skrotum.Indrukwekkend, is sy uitstekende aanpasbaarheidseienskappe. Blink, seepgladde, dik vel met baie velvoue en ‘n goeie los keelvel. Daar is goeie skofontwikkeling, sterk bene met goeie kloue en ‘n lang stert.
ERH22-89 Is ’n Gebalanseerde bul wat die Bonsmara-rasstandaard sterk weerspieël
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook